Oor ons

Oor Ons

Ons is vir die boer

Ons visie

Om die voorkeur lewendehawe-vennoot vir boere te wees deur ’n betroubare, regverdige en mededingende mark te skep waar vraag en aanbod die beste waarde vir ons aandeelhouers en kliënte verseker.

Ons missie

Om professionele, etiese en doeltreffende lewendehawe-bemarkingsdienste aan boere te lewer deur gereelde veilings, fasilitering van transaksies en kwaliteit diens. 

Ons waardes is eerlikheid, integriteit en betroubaarheid. Ons is toegewyd om waarde toe te voeg tot die landbougemeenskap en ons aandeelhouers.

Ons storie

Ons reis deur die Jare

1940

Die ontstaan van die koöperasie

Noordkaap Lewendehawe het sy ontstaan in die veertigerjare as ’n Landboukoöperasie met takke in Vryburg, Kimberley en Kuruman. Die organisasie is gestig om boere te ondersteun met bemarking en veilings van lewendehawe.

2000

Herstigting van Noordkaap Lewendehawe

Nadat die takke aan aparte kopers verkoop is, is Noordkaap Lewendehawe in 2000 weer as ’n koöperasie gestig deur ’n groep boere wat geglo het in ’n sterk, boer-gedrewe bemarkingsorganisasie.

2000’s

Groei en herverkryging van takke

Die koöperasie het oor tyd geleidelik gegroei en sy teenwoordigheid versterk deur die takke in Kimberley en Kuruman weer terug te koop, wat die organisasie se bedrywighede verder uitgebrei het.

Uitbreiding na Kroonstad
As deel van die groei en uitbreiding is Kroonstad later bygevoeg as ’n addisionele tak, wat Noordkaap Lewendehawe se netwerk en diens aan boere verder verbreed het.

2022

’n Nuwe naam vir die boer se keuse

In 2022 is “Vryburg” uit die naam verwyder om die organisasie se breër bedryfsgebied beter te weerspieël, aangesien Noordkaap Lewendehawe nou ook aktief besigheid doen in Kuruman, Kimberley en Kroonstad.

8b4c15c5-b5e0-4c15-ba82-21bf48f4122d 1

Veilings

Kliek hier vir ons kalender.



Screenshot 2026-02-18 at 16.10.50 4

Bemarkers

Kliek hier vir ons bemarkers.



7c35a2e5-b06e-4eaf-897c-20a86869155a 1

Aanlyn speenkalfveiling uitslae

Kliek hier vir die nuutste aanlyn speenklafveiling uitslae.

Kontak Ons

Kontak ons met enige navraag

Adres

5 Industria St, Vryburg, 8600

Kontaknommer

+ 27 (0) 53 927 3871
Aa-ure: +27 (0) 83 319 8626

Eposadres

info@nklh.co.za